Friday 23 October 2015

TERUG IN BURKINA FASO NA 4 JAAR.

DAG 13:

Ons vertrek 10am eers nadat ons gaan kyk het na die erf wat gekoop is vir die nuwe kerk. Daar is baie min Christene in Bamako en hierdie,  glo almal sal 'n ligpunt en groot oop deur vir die stad en land word. 



Die voertuie word volgemaak en met die wegtrekslag voel Peter die kombi se stuurmeganisme is foutief. 

Ons kry 'n herstelplek so eg Afrika!



Raymond spring in en word saam vuil:


Een van die stampe het die kragstuurolie laat uitlek en die manne maak planne. 
Ons vertrek eers 13:15 uit Bamako en ons 2 besef dat ons moontlik nie meer ons vlugte in Niaymey Vrydag gaan maak nie. 

Die Suide van Mali is anders, meer vrede, groen velde en duisende mangobome!! 



Net na 18:30 stop ons by pastoor Solamon se huis om hoender en pap te eet wat sy vrou gemaak het. Almal weet hierdie gaan ons baie laat maak maar hulle het die hele dag gewag van klein tot groot. 


Ons kom na 21:00 by die grenspos en hulle is eintlik toe. Die manne kyk sokker en sit om die vuur terwyl hulle deur ons paspoorte probeer loer met 'n selfoonflitsie. Drie van ons moet visas kry en dit is net 'n wonderwerk dat alles gebeur sonder probleme of sonder dat ons net daar moet slaap soos soms gebeur. 

Daar was 'n staatsgreep hier in Burkina Faso 'n maand gelede met gevolg dat die militêre teenwoordigheid baie sigbaar is. Sodra hulle al ons papiere sien en gelukkig is dat ons net deur die land ry is hulle rustig. 

Ons soek baie lank vir blyplek en kom uiteindelik by "iets". Dit is eintlik skokkend as jy sien wat hulle vra vir 'n slaapplek en hoe min jy daarvoor kry. My kamer het skaars water maar genadiglik werk die lugverkoeling. 

Almal besef dat ons 'n dag verloor en ek en Raymond sal ons vlugte moet verander. Daar is geen opsies Saterdag uit Niamey nie en ons sal die laaste 700km tot in Niger nie kan doen nie. Die ander manne het meer tyd en ons glo hulle sal die Nissan Patrol kan aflewer by sy nuwe eienaar, Aftikos Mamate. 

Môre net 350km na Ouagadougo en ons is baie dankbaar! Baie dankbaar. 

Psalms 146:10
Die Here is vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag!Halleluja!


Thursday 22 October 2015

DIE "PAAIE" VAN MALI.

DAG 12:


Vroegoggend voor die rondaweltjie:


Impalalelies net soos in Messina:



Maklik die 15de trok wat sy vrag verloor agv die slaggate:



Die spoed is so 40-50km/h en daar is honderde trokke:



"Supa Quick" help ons om die rim te herstel en die band te ruil: 



Ons bereik die grens van Mali:



Ek wonder hoe lank die trokke hier wag:


Ons beleef weer guns, want om drie voertuie se papiere en ons paspoorte deur te kry is nie maklik nie en dit gebeur in 1h20min. 

Die pad lyk aanvanklik goed maar skielik is daar waar groot gate en die kombi buig nog 'n rim. Ons weet almal dit is nie die regte voertuig of bande vir Afrika nie maar dit word die kerk in Lomé se bussie rn hulle het dit só nodig. 



Hier word alles vervoer op die dak, selfs die bokke:


Ons stop vir 'n vinnige ete onder 'n Kremetartboom en Pastoor Amane wat nou saam met ons ry vertel vir ons stories uit hulle kinderdae. 
Die Kremetart is die regter en die diete kom in die bag onder hom staan en vertel van hulle geskille. Die boom praat dan en oordeel wie is reg en wie verkeerd!



Die laaste 150km breek aan en ons tref die slegste "teerpad" wat ek nog in my lewe gery het! 
Dit neem 5 ure! 


Ons kom baie laat in Bamako en kry nie ons blyblek nie. 'n Militêre patrollie in 'n Land Cruiser bakkie stop ons in die stad en vra waar gaan ons. Na verduideleking ry hul voor en vergesel ons al die pad tot by die hotel. 
Ons besluit almal om eers 9:30am te ontmoet en bietjie te rus. 

19 ure vir 770km.

Afrika is nie vir sissies nie. 

Nahum 1:7
Die Here is goed, ’n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.

The Lord is good,
a stronghold in the day of trouble;
he knows those who take refuge in him.










Wednesday 21 October 2015

MAANDAGTYD IS AFRIKATYD.

DAG 11:

Daar is baie om te doen en 5:30am is ons op. Ek spoel gou die krat uit waarin die botter uitgeloop het en was die skottelgoed van ons vorige stop langs die pad. 
Ons maak eiers en spek en terwyl die ander pak is ek en Raymond op pad na Nissan. Die bestuurder is van Ghana en praat lekker Engels. 
Hulle plan is on die elektriese bedrading perfek te kry maar dit sal die hele dag neem en Raymond oorreed hulle om net seker te maak ons ligte werk agter en voor as dit donker word. 


Die Nissan Torano se lugverkoeling werk nie meer goed nie en die gas word gou aangevul. Nou moet ons brandstof kry, geld ruil, na doane gaan vir die voertuie en koeldramk en water koop. 

Twee van ons Amerikaanse vriende drink baie Coke:



Die verkeer is woes in Dakar op 'n Maandag: 



Die regestrasieproses om die voertuie uit die land en verder te neem kom aan die beurt en vat baie lank! 
Ons verlaat Dakar eers 14:30 en agv  vlugte wat ons moet haal die naweek, weet ons dié gaan 'n laat aand word. 

Ons groet ons broers:



Trokke breek en donkiekarre ry:



Hier pak hulle 'n taxi nog meer as by ons:



Slaggate is so diep dat dié trok omgeval het met sy swaar vrag olieblikke:


Nagry is nie 'n goeie ding in Afrika nie ons besef dit tog so goed, maar obs het geen keuse nie. Die radio's help baie en ons verminder ons spoed na 70-80km/h. 
Teen ons verwagting in is dit 'n treinspooroorgang wat 'n probleem is en die kombi se linker voorste rim buig. 

Die wielboute is besonder styf en selfs ons 2 sterk manne kry dit nie los nie. 
Dit is weer tyd om te bid planne te maak wat in Afrika werk. Burch is in die konstruksiebedryf en met 'n hammer in sy hand timmer hy die rim mooi terug in sy plek. 

Met groot dankbaarheid stop ons by ons skaapplek on 23:25. Hulle is baie gaaf en gee vir ons iets te ete. 
Nou is dit vinnig stort en in die bed en slaap, maar eers moet ek 'n padda uit die badkamer kry en ek wonder wat my liefste Petra Darling sou gesê het van die blyplek! 

Exodus 13:21
And the Lord went before them by day in a pillar of cloud to lead them along the way, and by night in a pillar of fire to give them light, that they might travel by day and by night.







Monday 19 October 2015

SONDAG IN DAKAR

DAG 10:

Die nag was goed en selfs die atmosfeer in die kamer eas anders. Net na 6am is ons reg vir ontbyt en handel ons laaste sake af by die hotel. 


Ons verlaat St Louis wat die voormalige hoofstad van die area was en direk langs die see is met 'n gedeelte op 'n eiland. 



Die pad na Dakar is soos ek Wes-Afrika voorgestel het en elke keer wanneer ons by 'n kremetartboom verbygaan dink ek terug aan die bosveldplaas Kirimo, waar ek amper elke wintervakansie grootgeword het. Ek dink aan my amazing Pa en wat hy my alles van die bos geleer het en ek weet dis grootliks hoekom Afrika so diep in my hart is.



Ons bereik Dakar net voor 11am en gaan direk na die kerkgebou waar hulle al van 9am vir ons wag. Dit dien ook as kantore en slaapplek vir sendelinge van Suid-Amerika. 




Pastoor Ronnie gee 'n wonderlike maar kragtige boodskap:


Ons kuier saam en gaan laai later ons bagasie by die sendelingwoonkwartiere af. 
Vanmiddag neem hulle ons na die slawe-eiland waar Pres. Nelson Mandela ook besoek afgelê het. 

Vandag kry ek die eerste keer afskag omdat ek 'n African is!!!
Betaal amper die helfte eat die Duitsers en Amerikaners betaal al is ek 'n witman. Amazing:
(RSA beteken Senegal inwoner)






Ons kom bietjie laat in die bed, maar bid dat môre goed sal gaan. Die bedrading van die Patrol moet so vêr moontlik herstel word en dit moet so vinnig moontlik gebeur. 

Joshua 1:6
“Wees sterk, vertrou My blindelings.




















ONS BID VIR 'N AFSPRAAK

DAG 8:

Vandag is ons dag in Mauritania. Het jy al ooit deur 'n land gery vir 'n hele dag lank waar daar geen Koninkryksgebou is nie? 'n Man kom sit langs jou ontbyttafel om die groep af te luiter. 
Jy sit met oop oë en bid vir die kos sonder om die naam bo alle name te noem!

Die tog neem heelwat langer as 5h35min, want daar is omtrent 15 padblokades wat amlal 'n "viche" soek. 
Dit is 'n afskrif van jou paspoort met die voertuig se besonderhede en jou beroep opgeskryf. 



Sand en nogmaals sand:



Hulle slag sommer bokke langs die pad:






'n Millitêre konfooi hou ons lank op en ons vat kortpad deur 'n dorpie agter 'n string van taxi's.



In die hoofstad aangekom lyk dit of die donkiekarre resies jaag. 




Dit was aangenaam om voor 17:00 by ons bestemming te wees en ons gaan sit buite op die stoep om die volgende dag te beplan. Binne minute kom sit daar 'n man by die tafel langs ons en bly die hele tyd daar tot ons weg is. 

Ons bid dat 'n deur sal oopmaak vir die land!

Almal probeer bietjie vroeër in die bed kom, môre is 'n lang dag! 

Psalm 37:10
“Net ’n klein rukkie nog, dan sal daar nie meer mense wees wat niks van God wil weet nie. Jy sal na hulle soek, maar hulle sal weg wees.”






Sunday 18 October 2015

LAAT DAAR LIG WEES!

 DAG 9:

Die wiele rol net na 7am en ons weet vandag is 'n groot dag. Vir 'n paar van die manne was die nag nie so rustig nie en ons besef hoekom. Net na 9am stop ons 300m van die pad naby 'n tent met kamele en 'n paar mense vir ontbyt. 



Net voor ons wil oppak kom 'n man nader gestap. Ons het nog koffie en lekker vars brood met bessiekonfyt oor en bied dit aan vir die jong man. 
Hy vra of hy asb vir ons 'n geskenk kan gaan haal en keer 10min later terug met 'n wit melkerige vloeistof en 'n bakkie klein beskuitjies en neute. 

WEES ASB VERSIGTIG OM NIE KOMMENTAAR OP DIE BLOG TE LOS NIE, VERAL NIE AS DIT OOR DIE KONINKRYK GAAN NIE. 


Peter stel voor ons gee aan hom ook 'n geskenk en haal ons gaslampie met nog silindertjies en die gebreekte een vir spaar parte. Peter sluit die bonatuurlike afspraak af met 'n woord aan hom dat sy pad vir hom en sy familie verlig sal word en dat hulle sal sien! 




Die pad vorentoe raak al hoe moeiliker en vol gate, maar ook in die onsigbare wêreld.

Spitsverkeer 11am:



Met 'n ompad na 'n veiliger grenspos:



Vir die eerste keer groen en water:



Ons verlaat Mauritania:


By die grenspos ontmoet pastoor Louis ons en dit voel amper of ons by die huis is. 
Tot ons verbasing vertraag die Senegal amptenare ons vir meer as 2 ure. Die laaste poging om ons te keer om by ons broers aan te sluit sodat ons môre saam 'n diens in Dakar kan bywoon en een van ons manne kan preek. 

Senegal grenspos:


Terwyl die son by die grenspos sak besluit ons om na St Louis te gaan wat net 31km vêr is. Daar kan ons rustig wees vir die aand om dan DV vroeg in die pad te val vir die 3 ure na Dakar en die diens. 
St Louis is n pragtige stad en om elke hoek voel jy welkom. Ons voel tuis. 



Spreuke 12:6
“Goddelose mense se woorde probeer jou in ’n lokval lei. Dit wil jou seermaak. Maar gelowiges se insig in die lewe bevry jou van al hierdie strikke.”
DB