Sunday 11 October 2015

AFRIKA IS IN ONS BLOED!


 DAG 3:

Cueta:




Ons vertrek uit Cueta wat steeds deel is van die EU en kom by ons eerste grenspos in Afrika terwyl God die sluise van reën en seën oor die aarde oopmaak. Elkeen beleef Vader se guns en al 8 paspoorte word spoedig gestempel alhoewel ons so 30 minute wag vir die voertuie se goedkeuring. 

Die drie motors op pad na hul nuwe eienaars in Wes-Afrika:


Die Marokane is lig van kleur, praat Arabies, Spaans, Frans, min Engels en is oor die algemeen vriendelik en hulpvaardig. Ons voel ons is in Afrika en op 'n vreemde manier voel ons tuis. Terwyl ek hierdie skryf vra ek vir Jesus hoekom dit so is en in my gees hoor ek: "Onthou waar ek my eerste paar jaar van my lewe spandeer het. Afrika is in julle bloed want ek is in julle bloed."


Die Patrol is gepak tot teen die dak:
(vlnr: Pst Raymond Lombard, Dr Luke (my toerbynaam), Pst Ronnie Hepperly.)



Marrakesh:

Nou verstaan ek hoekom mense sê jy moet die plek beleef want woorde kan dit nie oorvertel nie. Dit is seker hoe 'n moslemstad 1000 jaar terug gevoel het. Behalwe vir selfone en so paar ander dinge het die tyd gaan stilstaan. 

Die groot markplein met duisende mense:


Wees baie versigtig vir die slanghanteerders. As hulle jou vang 'n foto neem hang hulle'n pofadder of 'n kobra om jou nek voor jy kan sien en haal hom net af as jy betaal! 



Boksgevegte sommer net daar in die ope: 


Vanuit elke moskee begin 'n man op 'n seker tyd oor sy luidsprekers tot sy god bid of jy nou wil hoor of nie. Hier is al die kerke ondergronds. 



Vandag se 680km was voorspoedig en sonder enige probleme. Ons dank die Here vir Sy beskerming en guns!

Psalm 121: 1-3

Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.


















1 comment:

  1. Gewis sal die Here Sy seën oor julle gebied. Julle bly nie net in ons gebede nie, maar ook in ons gedagtes. Voorspoedige reis. Shalom

    ReplyDelete