Saturday 10 October 2015

Geloof sommer vroeg getoets.

Dag 1:

Soos ons gesin nader kom aan Parys op die TGV besef ek dat ons vertraag is. In my beste beperkte frans vind ek by twee jong manne uit dat die volgende trein eers oor twee ure vertrek na Lyon. Ek groet die familie wat op pad is na die lughawe en die huis en kyk of ek dalk nog die volgende trein kan haal maar te vergeefs. Skielik stop 'n man my en gee my 'n eerste klas kaartjie vir die volgende trein en 'n kospakkie. Dankie vir bonatuurlike voorsiening. 

Die groep manne vorder goed in Duitsland en ek kom steeds voor hulle in Lyon. Raymond kry skielik opvangs en kan my bel om reëlings te tref vir die oplaai. 
Net toe hulle by my stop laat weet Petra hulle wil haar nie toelaat om sonder my met die kinders te vlieg nie! Ek moet 'n gewaarmerkte en getekende brief vir hulle stuur. Ons sit in spitsverkeer vas en die enigste 24 uur stop wat ons kry het geen printer opsies nie!  Die manne bid almal saam  en van orals kom hulp. Petra hou mooi kop en wonder bo wonder stem hulle in om 'n handgeskrewe brief van my te aanvaar en 'n paspoort afskrif. Ek skryf, neem foto en mail. Met Vader se guns laat hulle haar en die drie kinders vlieg!!

Ons stop elke 2 tot 3 ure en hou mekaar wakker met stories en getuienis van hoe goed die Here al vir ons almal was. By ons in die Nissan Patrol aka "Daniël" is Ron Hepperly, ' selfverklaarde Hill Billy Harley Davidson biker maar 'n gesoute soldaat/ rekkie vir Jesus. Sy stories getuig van getroue werk vir die Koninkryk ten spyte van 'n harde lewe! 


Dag 2:

In die suide van Spanje is hier duisende der duisende olyfbome: 


Raymond bestuur met groot entosiasme:



Die laaste ferrie na Marocco vertrek 18:00. Ons hoop en glo om teen 15:00 by die hawe te wees! Dit werk so uit en ons vaar 16:00 na Afrika:



Ceuta is 'n pragtige kusdorp:


Nou is ons egter almal moeg en gaan vroeg slaap vir môre se tog na Marrakesh van naastenby 8 ure. 

Ps: 139








No comments:

Post a Comment