Friday 16 October 2015

AL OOIT GEWONDER WAAR IS NIKS?

DAG 6:

Nog nooit in my lewe het ek 550km gery sonder dat die omgewing verander het nie. Die blou Atlanties op die regterkant en verder net n mengsel van sand en klippe en bossies. 



Ons kon eers 10:30 vertek na herstelwerk aan die Patrol se bedrading en 'n baie tydsame proses om reisversekering vir die voertuie te kry. 

Na drie ure stop ons vir 15 min se middagete:



Die volgende skof vat ek en skielik hoor ek iets pop en blaas en die Patrol verloor krag. Dadelik weet ek iets groot is fout en begin bid. Ons sien eers niks en probeer ry maar bolle swart rook kom agter uit! 
Almal het opinies maar Raymond wat 35 jaar laas aan 'n dieselmotor gewerk het sê die turbo of so iets het geblaas. Ons maak oop , haal die top af en kry die probleem: 



Ons stop drie keer vir dieslfde ding en in die herstelproses breek die oorvloei watterpypie ook. Dit verg egte bosreperasies en word met 'n tregter se voorkant herstel: 



Ons kom laat by ons kampplek en die manne slaan op en maak kos: 





Vandag was die Here so goed en het op bonatuurlike manier Wysheid gegee anders het ons dalk een voertuig verloor. 

Ek slaap op die Patrol se agterste sitplek en kry 'n goeie nagrus. 

Baie voorspoed seën en gebed nodig vir môre en die grenspos by Mauritanië, maar nog meer gebede vir die lande en hul mense! 'n Oop deur is nodig want hulle het Jesus so nodig. Ons bid dat Helige Gees almal sal aanraak wat oor ons pad kom! 

Psalm 18: 29-31
“O Here, U is die lig in my lewe. As U by my is, verdwyn die donker. Dan sien ek vir alles kans. Ek sal ’n hele bende storm. Niks sal my kan keer nie. Ek spring oor ’ n hoë muur. God se pad is volmaak. Jy kan alles glo wat Hy sê. Hy beskerm almal wat by Hom kom wegkruip.”












No comments:

Post a Comment