Sunday 18 October 2015

LAAT DAAR LIG WEES!

 DAG 9:

Die wiele rol net na 7am en ons weet vandag is 'n groot dag. Vir 'n paar van die manne was die nag nie so rustig nie en ons besef hoekom. Net na 9am stop ons 300m van die pad naby 'n tent met kamele en 'n paar mense vir ontbyt. 



Net voor ons wil oppak kom 'n man nader gestap. Ons het nog koffie en lekker vars brood met bessiekonfyt oor en bied dit aan vir die jong man. 
Hy vra of hy asb vir ons 'n geskenk kan gaan haal en keer 10min later terug met 'n wit melkerige vloeistof en 'n bakkie klein beskuitjies en neute. 

WEES ASB VERSIGTIG OM NIE KOMMENTAAR OP DIE BLOG TE LOS NIE, VERAL NIE AS DIT OOR DIE KONINKRYK GAAN NIE. 


Peter stel voor ons gee aan hom ook 'n geskenk en haal ons gaslampie met nog silindertjies en die gebreekte een vir spaar parte. Peter sluit die bonatuurlike afspraak af met 'n woord aan hom dat sy pad vir hom en sy familie verlig sal word en dat hulle sal sien! 




Die pad vorentoe raak al hoe moeiliker en vol gate, maar ook in die onsigbare wêreld.

Spitsverkeer 11am:



Met 'n ompad na 'n veiliger grenspos:



Vir die eerste keer groen en water:



Ons verlaat Mauritania:


By die grenspos ontmoet pastoor Louis ons en dit voel amper of ons by die huis is. 
Tot ons verbasing vertraag die Senegal amptenare ons vir meer as 2 ure. Die laaste poging om ons te keer om by ons broers aan te sluit sodat ons môre saam 'n diens in Dakar kan bywoon en een van ons manne kan preek. 

Senegal grenspos:


Terwyl die son by die grenspos sak besluit ons om na St Louis te gaan wat net 31km vêr is. Daar kan ons rustig wees vir die aand om dan DV vroeg in die pad te val vir die 3 ure na Dakar en die diens. 
St Louis is n pragtige stad en om elke hoek voel jy welkom. Ons voel tuis. 



Spreuke 12:6
“Goddelose mense se woorde probeer jou in ’n lokval lei. Dit wil jou seermaak. Maar gelowiges se insig in die lewe bevry jou van al hierdie strikke.”
DB

















1 comment:

  1. Geen wapen wat teen jou sal geluk nie,
    En elke tong wat teen jou opkom in die gereg
    Jy kan veroordeel.
    Dit is die erfdeel van die knegte van die Here,
    En hulle geregtigheid wat uit My is, "
    Sê die Here.
    Sterkte julle almal

    ReplyDelete