Wednesday, 16 September 2015

Tweede paspoort in 4 dae!

PASSPORT for 700204........... ready for collection at MALMESBURY. More info: 0800601190 OR www.dha.gov.za

Die guns van ons Vader is groot! Ek het nie geweet jy kan n paspoort in 3,5 werksdae kry nie! ( nie n nood paspoort nie, n volledige maxi paspoort)

Dit beteken dat ek volgende week saam met die gesin kan vlieg en die laaste visums kan hier afgehandel word. 
Aan God al die eer🙌🙏

Tuesday, 15 September 2015

Mauritania visums!

Dit is met blydskap en dankbaarheid in my hart aan ons Vader dat ek hierdie kan skryf:
Raymond het pas geskakel om te laat weet ons visums is goedgekeur na vele uitdagings. 
Nou kan ons al tot in Dakar en ons glo en vertrou God vir die laaste drie lande ook! 

Sunday, 13 September 2015

Jubilee 2015/16

Vandag is Alul 29 of die einde van die Joodse jaar. Dit is egter die einde van die Sabatsjaar of Shemitah wat elke sewe jaar plaasvind. Vanaand as die son sak skryf hulle alle skuld af en begin voor op 'n nuwe bladsy.

Om dit nog meer interessant te maak is daar iets wat gebeur na 7 siklusse van 7 en dus 49 jaar. Dan is dit die Jubilee of 50ste jaar. Dit is 'n jaar van guns en 'n jaar van herstel en seën veral vir Israel.

Wat 'n voorreg om in so 'n jaar deel te wees van 'n projek om die Koninkryk van Jesus uit te bou sodat meer volke bereik kan word en ons Koning kan kom om te regeer op die troon van Dawid in Jerusalem vir 'n 1000 jaar.
En daarna.......... Dan tel ons nie meer jare nie!




Sunday, 6 September 2015

Radio's aankoop.

Môre is die tyd om die drie radios te koop by Joe in die Paarl. Raymond neem 2 en ek 1. 
Dankie Anneke!