Sunday, 11 October 2015

AFRIKA IS IN ONS BLOED!


 DAG 3:

Cueta:




Ons vertrek uit Cueta wat steeds deel is van die EU en kom by ons eerste grenspos in Afrika terwyl God die sluise van reën en seën oor die aarde oopmaak. Elkeen beleef Vader se guns en al 8 paspoorte word spoedig gestempel alhoewel ons so 30 minute wag vir die voertuie se goedkeuring. 

Die drie motors op pad na hul nuwe eienaars in Wes-Afrika:


Die Marokane is lig van kleur, praat Arabies, Spaans, Frans, min Engels en is oor die algemeen vriendelik en hulpvaardig. Ons voel ons is in Afrika en op 'n vreemde manier voel ons tuis. Terwyl ek hierdie skryf vra ek vir Jesus hoekom dit so is en in my gees hoor ek: "Onthou waar ek my eerste paar jaar van my lewe spandeer het. Afrika is in julle bloed want ek is in julle bloed."


Die Patrol is gepak tot teen die dak:
(vlnr: Pst Raymond Lombard, Dr Luke (my toerbynaam), Pst Ronnie Hepperly.)



Marrakesh:

Nou verstaan ek hoekom mense sê jy moet die plek beleef want woorde kan dit nie oorvertel nie. Dit is seker hoe 'n moslemstad 1000 jaar terug gevoel het. Behalwe vir selfone en so paar ander dinge het die tyd gaan stilstaan. 

Die groot markplein met duisende mense:


Wees baie versigtig vir die slanghanteerders. As hulle jou vang 'n foto neem hang hulle'n pofadder of 'n kobra om jou nek voor jy kan sien en haal hom net af as jy betaal! 



Boksgevegte sommer net daar in die ope: 


Vanuit elke moskee begin 'n man op 'n seker tyd oor sy luidsprekers tot sy god bid of jy nou wil hoor of nie. Hier is al die kerke ondergronds. 



Vandag se 680km was voorspoedig en sonder enige probleme. Ons dank die Here vir Sy beskerming en guns!

Psalm 121: 1-3

Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.


















Saturday, 10 October 2015

Geloof sommer vroeg getoets.

Dag 1:

Soos ons gesin nader kom aan Parys op die TGV besef ek dat ons vertraag is. In my beste beperkte frans vind ek by twee jong manne uit dat die volgende trein eers oor twee ure vertrek na Lyon. Ek groet die familie wat op pad is na die lughawe en die huis en kyk of ek dalk nog die volgende trein kan haal maar te vergeefs. Skielik stop 'n man my en gee my 'n eerste klas kaartjie vir die volgende trein en 'n kospakkie. Dankie vir bonatuurlike voorsiening. 

Die groep manne vorder goed in Duitsland en ek kom steeds voor hulle in Lyon. Raymond kry skielik opvangs en kan my bel om reëlings te tref vir die oplaai. 
Net toe hulle by my stop laat weet Petra hulle wil haar nie toelaat om sonder my met die kinders te vlieg nie! Ek moet 'n gewaarmerkte en getekende brief vir hulle stuur. Ons sit in spitsverkeer vas en die enigste 24 uur stop wat ons kry het geen printer opsies nie!  Die manne bid almal saam  en van orals kom hulp. Petra hou mooi kop en wonder bo wonder stem hulle in om 'n handgeskrewe brief van my te aanvaar en 'n paspoort afskrif. Ek skryf, neem foto en mail. Met Vader se guns laat hulle haar en die drie kinders vlieg!!

Ons stop elke 2 tot 3 ure en hou mekaar wakker met stories en getuienis van hoe goed die Here al vir ons almal was. By ons in die Nissan Patrol aka "Daniël" is Ron Hepperly, ' selfverklaarde Hill Billy Harley Davidson biker maar 'n gesoute soldaat/ rekkie vir Jesus. Sy stories getuig van getroue werk vir die Koninkryk ten spyte van 'n harde lewe! 


Dag 2:

In die suide van Spanje is hier duisende der duisende olyfbome: 


Raymond bestuur met groot entosiasme:



Die laaste ferrie na Marocco vertrek 18:00. Ons hoop en glo om teen 15:00 by die hawe te wees! Dit werk so uit en ons vaar 16:00 na Afrika:



Ceuta is 'n pragtige kusdorp:


Nou is ons egter almal moeg en gaan vroeg slaap vir môre se tog na Marrakesh van naastenby 8 ure. 

Ps: 139








Friday, 9 October 2015

Die dag het aangebreek!

Vandag se vers van die dag op You Version:

“ Die Engel van die Here trek ’n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.”
PSALMS 34:8

Die ander manne het 6am vertrek uit Westerstede en ons gesin op pad na Parys met die TGV. Dan groet en ek op 'n volgende TGV na Lyon waar hulle my so 18:00 se kant kry op pad na Spanje en dan Afrika! 


My en Raymond se vervoer vir die 10 000km. 

Sunday, 27 September 2015

'n Geseënde tyd in Parys.

Die Burgers het tans 'n baie lekker bederf voor die tog in Afrika begin. Ons het lank gespaar en gelukkig baie vroeg Euro's gekoop. 
Toe ons verlede jaar Oktober die kaartjies bespreek het sou ek nie kon dink dat Pastoor Raymond my weke later sou nooi vir die Afrika-avontuur en belangrike werk wat sou volg nie. 
Soos altyd was dit reeds in Vader se wil, aangesien die twee datums presies op mekaar volg en ek reeds in Europa sou wees waar die tog begin. 

Teen 250km per uur reis ons 4 in die TGV na Marseille om nog 'n paar oudagherhinderinge bymekaar te maak, die keer in Provence. Wat 'n voorreg! 

Vanoggend lees ons saam 1 Kor 6: 
Hoe belangrik is dit nie om te weet dat ons liggaam 'n tempel van God is! Parys se sprankel was 'n belewenis maar ons tieners het ook 'n blik gekry op die losbandigheid en sedeloosheid en ek het 'n paar interesante vrae gehad om te antwoord! 
"... maar hoekom sal iemand dit wil doen Pappa?" 

Ons moet nooit vergeet dat seksuele sonde in die liggaam is en die tempel van God skade doen. Pas dit op en word een met ons Here Jesus deur Sy gees! 

Hoe wonderlik om 'n verwagting te hê van 'n sprankelstad, 'n liefdesstad, 'n vredestad vir ewig, 'n Nuwe Jerusalem saam met ons Koning Jesus. 👑



Tuesday, 22 September 2015

YOM KIPPUR

Soos die son ondergaan begin die heiligste dag in die Ou Testament en vandag nog vir die Jode. Die dag van Versoening! Vir die volgende 24-25 uur eet of drink hulle niks in voorbereiding vir versoening van sondes wat een maal per jaar gebeur.
Vir ons as bruid van Christus is dit 'n wonderlikke herdenking dat ons Hoë Priester net een maal die offer gebring het en dit was genoeg vir ewig. Hy het homself geoffer en dit was volbring! Nooit weer hoef ons te offer of 'n aardse priester vra om namens ons versoening by Vader God te kry nie.
IT IS FINISHED!



A New Testament verse that I believe is the present day answer to Yom Kippur’s demands to repent and change is 2 Corinthians 6 and verse 2:
“Behold, now is the accepted time; behold, now is the day of salvation.”

God beskik!

“’n Mens maak baie planne en koester groot ideale. Maar nie alles word waar nie. Wat die Here egter beplan, dit gebeur.”
Spreuke 19:21 DB

Nou wag ek nog vir my eerste paspoort om terug te kom sodat ek saam met die familie Donderdag kan vlieg na Parys! 
Dankie Vader dat U reeds daar viirsien en dat U tyd perfek is.