Friday, 16 October 2015

DIE DUISTERNIS HET DIE LIG NIE OORWELDIG NIE.

Dag 7: (Deel1)


Die drie manne wat saam in Daniël ry:



Die kombi sukkel bietjie om die kampterein te verlaat:



Na ontbyt vertrek ons na die naaste dorpie om nog onderdele, klampe en hypoksie-gom te kry. Slegs 'n paar km's van die kampplek blaas die turbopyp weer van sy plek af: 



Alles word vinnig gedoen en ons is weer 20 min later op die pad. By 'n vulstasie maak ons vol met diesel en 'n jong man neem my na sy werkswinkel. Dit is sommer maklik om hom te wys wat ons soek en ek vra hom waar kan ons dit koop. Wonder bo wonder stap ons net oor die pad, kry al die parte, 'n soldeerbout en selfs bloudraad waaroor Raymond baie bly is. 


In groot geloof vat ons die pad na Mauritania, maar binne 'n paar kilometers spring die pyp weer af en nou is dit tyd vir bloudraad! 
"'n Boer maak 'n plan"

Hierdie keer gaan dit goed en ons kom net na 16:00 by die grenspos aan die Marocco kant. Dinge neem net oor 30 min terwyl motors voor ons uitgepak word. 
By die laaste kontrolepunt vra die man of ons weet waar om nou te ry. Ek wonder hoekom en hy beveel aan ons neem 'n Mauritaanse man teen €10 per voertuig. Sy Frans is goed, hy praat mooi stadig en ons ry die niemandsland binne. 

Rondom ons lê daar motorwrakke en ek vra "pourquoi ?". Hy sê "le mine". Vir 1-2 km ry ons links regs links reg tot by die Mauritania grens. Die stuk het nie teer nie:


Slegs sand en klippe en wrakke op die pad:



Isaiah 45:1-3
​SO sê die Here aansy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat hetom nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie:
Ek self sal voor jou uit gaanen hoogtes gelykmaak;koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan.
En Ek sal joudie skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die Here iswat jou by jou naam roep,die God van Israel

.... Deel 2 volg later, maar ek kan nou sê dat ons na 'n rekord 3 ure deur die grens is. Die vorige keer wat hulle die tog gedoen het was die grenspos 5 ure! 
Dit is egter 'n lang storie en sal eers gestuur word as ons veilig uit Mauritanië is. 











AL OOIT GEWONDER WAAR IS NIKS?

DAG 6:

Nog nooit in my lewe het ek 550km gery sonder dat die omgewing verander het nie. Die blou Atlanties op die regterkant en verder net n mengsel van sand en klippe en bossies. 



Ons kon eers 10:30 vertek na herstelwerk aan die Patrol se bedrading en 'n baie tydsame proses om reisversekering vir die voertuie te kry. 

Na drie ure stop ons vir 15 min se middagete:



Die volgende skof vat ek en skielik hoor ek iets pop en blaas en die Patrol verloor krag. Dadelik weet ek iets groot is fout en begin bid. Ons sien eers niks en probeer ry maar bolle swart rook kom agter uit! 
Almal het opinies maar Raymond wat 35 jaar laas aan 'n dieselmotor gewerk het sê die turbo of so iets het geblaas. Ons maak oop , haal die top af en kry die probleem: 



Ons stop drie keer vir dieslfde ding en in die herstelproses breek die oorvloei watterpypie ook. Dit verg egte bosreperasies en word met 'n tregter se voorkant herstel: 



Ons kom laat by ons kampplek en die manne slaan op en maak kos: 





Vandag was die Here so goed en het op bonatuurlike manier Wysheid gegee anders het ons dalk een voertuig verloor. 

Ek slaap op die Patrol se agterste sitplek en kry 'n goeie nagrus. 

Baie voorspoed seën en gebed nodig vir môre en die grenspos by Mauritanië, maar nog meer gebede vir die lande en hul mense! 'n Oop deur is nodig want hulle het Jesus so nodig. Ons bid dat Helige Gees almal sal aanraak wat oor ons pad kom! 

Psalm 18: 29-31
“O Here, U is die lig in my lewe. As U by my is, verdwyn die donker. Dan sien ek vir alles kans. Ek sal ’n hele bende storm. Niks sal my kan keer nie. Ek spring oor ’ n hoë muur. God se pad is volmaak. Jy kan alles glo wat Hy sê. Hy beskerm almal wat by Hom kom wegkruip.”












Tuesday, 13 October 2015

DIE SON SAK OOR MAROCCO

DAG 5:

Tot ons verbasing ervaar ons wat die Chinese in Afrika doen, hulle bou paaie! Vir omtrent 220km Suid van Marrakesh ry ons op 'n pragtige dubbelweg:



Die Atlasgebergtes:



Soos ons almal weet kom goeie dinge soms tot 'n einde en die paaie raak nouer en begin van tyd tot tyd meer skud. 

'n Klein dorpie verwelkom ons en skielik hoor ek en Raymond iets teen die teerpad kap. Op daardie oomblik is daar
'n vulstasie aan die regter kant en ons draai dadelik in om ondersoek in te stel. 

Slegs 'n los beskermingsplaat:


Skaars het ek die los plaat ondersoek, of 'n man kom aangestap, loer onder die Patrol in en stap weg na 'n skuur, net om in 'n oogwink met 'n klomp boute terug te keer. Sy Frans is meer beperk as myne en ek verstaan geen Arabies nie, maar op 'n Goddelike manier kom ons reg en is binne 10 minute weer op die pad. 


Eg Duits het Peter die beste gereedskap en gooi vir my 'n kombersie uit:



Padwerke hou nie die trokke terug nie:



Kamele langs die pad laat ons besef dat die Sahara nie meer dae weg is nie:



Ingang van die dorp Tan-Tan:



'n Fotostop vir duine langs die Atlanties:



Dit lyk soos die wyse manne se kamele:



Pasop vir die "kudu":



Die son sak oor Marocco:


Vandag beleef ons weereens Sy guns en vorder 90km verder as beplan tot El Ayun. 
Dit beteken dat ons nie in tente slaap nie maar in 'n hotelkamer met Wifi ! Die stort dreineer nie en die daklig is weg, maar die lugverkoeling werk en selfs die linne is wit, wel amper wit. 

Almal se gebede is nodig vir môre: 
1. Ons moet die elektriese fout by die Patrol se agterste ligte vinnig regmaak. 
2. Peter moet versekering vir die voertuie 8:30 kry. 
3. Guns by elke padblokade. 
4. Veiligheid vir ons en die viertuie. 

Psalm 8:4-5
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het —
wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?

Afstand: 884km
Tyd: 12h 15min





















Monday, 12 October 2015

RUSDAG, WONDERWERKDAG.

DAG 4:

Vandag was uitgesit om voor te berei vir die volgende 3-4 dae tot in Dakar, Senegal. Wes-Sahara en Mauritania is nou nie beskawing soos ons dit ken nie en ons beplan on DV môre aand in Tarvaya, Wes-Sahara in tente langs die voertuie te slaap en dan elke dag soos hy kom afhangende van die padblokades. 



Ons moes dan ook vandag 2 Kenwood VHF antennas in Marrakesh vind, aangesien hulle agtergebly het in Kaapstad en ons al drie radios moet hê. Party sal sê 'n onmoontlike taak!

Na 'n lang soektog en gereeld bid kom ons by 'n plekkie wat aan ons net die volle nuwe radio kan verkoop teen 1100 "dirham". Dit is so $115. Nie 'n goeie oplossong nie maar ons het geen keuse nie. Ons besluit egter om gou ietsie te eet en dit rustig in die Here se hand te los. 






Slange en nogmaals slange: 



Ons keer terug om maar die radio te kry en dan net met 2 klaar te kom. 
Eers kry ons nie die winkelkiekiekie nie en toe ons uiteindelik daar instap en ek in my beste Frans probeer verduidelik, haal die man 2 volledige Kenwood VHF radios uit en gee dit vir ons. Hy voeg 'n laai-eenheid by en sê alles kos 1000 "dirham"(minder as die eerste prys vir net een)
Ek probeer verduidelik dat ons nie twee kan koop nie en een sal neem omdat ons nie 1000 maal 2 kan betaal nie en hy herhaal net weer in Frans dat alles 1000 kos. Ek en Raymond besef dat God iets groots gedoen het, haal die 1000 dirham uit, vat ons geskenk en loof Ons Koning vir sy guns. 

Twee vir die prys van een: (en hulle werk)


Ons het nou 3 werkende radios en twee ekstra vir nood. 


Finale beplanning word laatmiddag gedoen:



Dag 5 planne:
7vm ontbyt en hopelik 8am op pad!
Dankie vir almal se gebede, dit maak 'n verskil!


Psalm 91: 1-4

“As jy na die allerhoogste God toe gaan dat Hy jou moet oppas, kan jy van een ding seker wees: Die almagtige God sal jou bewaar. Jy kan vir die Here sê: “U beskerm en bewaar my. U is my God op wie ek vertrou.” Dis die Here wat jou uit die moeilikheid kom haal as iemand jou met skelmstreke om die bos gelei het. Hy bly getrou aan jou. Hy sal jou verlos van enige gevaar wat jou lewe bedreig. Hy sal jou veilig oppas. Daarom kan jy by Hom gaan wegkruip. Met sy groot liefde keer Hy die gevaar af.”








Sunday, 11 October 2015

AFRIKA IS IN ONS BLOED!


 DAG 3:

Cueta:




Ons vertrek uit Cueta wat steeds deel is van die EU en kom by ons eerste grenspos in Afrika terwyl God die sluise van reën en seën oor die aarde oopmaak. Elkeen beleef Vader se guns en al 8 paspoorte word spoedig gestempel alhoewel ons so 30 minute wag vir die voertuie se goedkeuring. 

Die drie motors op pad na hul nuwe eienaars in Wes-Afrika:


Die Marokane is lig van kleur, praat Arabies, Spaans, Frans, min Engels en is oor die algemeen vriendelik en hulpvaardig. Ons voel ons is in Afrika en op 'n vreemde manier voel ons tuis. Terwyl ek hierdie skryf vra ek vir Jesus hoekom dit so is en in my gees hoor ek: "Onthou waar ek my eerste paar jaar van my lewe spandeer het. Afrika is in julle bloed want ek is in julle bloed."


Die Patrol is gepak tot teen die dak:
(vlnr: Pst Raymond Lombard, Dr Luke (my toerbynaam), Pst Ronnie Hepperly.)



Marrakesh:

Nou verstaan ek hoekom mense sê jy moet die plek beleef want woorde kan dit nie oorvertel nie. Dit is seker hoe 'n moslemstad 1000 jaar terug gevoel het. Behalwe vir selfone en so paar ander dinge het die tyd gaan stilstaan. 

Die groot markplein met duisende mense:


Wees baie versigtig vir die slanghanteerders. As hulle jou vang 'n foto neem hang hulle'n pofadder of 'n kobra om jou nek voor jy kan sien en haal hom net af as jy betaal! 



Boksgevegte sommer net daar in die ope: 


Vanuit elke moskee begin 'n man op 'n seker tyd oor sy luidsprekers tot sy god bid of jy nou wil hoor of nie. Hier is al die kerke ondergronds. 



Vandag se 680km was voorspoedig en sonder enige probleme. Ons dank die Here vir Sy beskerming en guns!

Psalm 121: 1-3

Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.


















Saturday, 10 October 2015

Geloof sommer vroeg getoets.

Dag 1:

Soos ons gesin nader kom aan Parys op die TGV besef ek dat ons vertraag is. In my beste beperkte frans vind ek by twee jong manne uit dat die volgende trein eers oor twee ure vertrek na Lyon. Ek groet die familie wat op pad is na die lughawe en die huis en kyk of ek dalk nog die volgende trein kan haal maar te vergeefs. Skielik stop 'n man my en gee my 'n eerste klas kaartjie vir die volgende trein en 'n kospakkie. Dankie vir bonatuurlike voorsiening. 

Die groep manne vorder goed in Duitsland en ek kom steeds voor hulle in Lyon. Raymond kry skielik opvangs en kan my bel om reëlings te tref vir die oplaai. 
Net toe hulle by my stop laat weet Petra hulle wil haar nie toelaat om sonder my met die kinders te vlieg nie! Ek moet 'n gewaarmerkte en getekende brief vir hulle stuur. Ons sit in spitsverkeer vas en die enigste 24 uur stop wat ons kry het geen printer opsies nie!  Die manne bid almal saam  en van orals kom hulp. Petra hou mooi kop en wonder bo wonder stem hulle in om 'n handgeskrewe brief van my te aanvaar en 'n paspoort afskrif. Ek skryf, neem foto en mail. Met Vader se guns laat hulle haar en die drie kinders vlieg!!

Ons stop elke 2 tot 3 ure en hou mekaar wakker met stories en getuienis van hoe goed die Here al vir ons almal was. By ons in die Nissan Patrol aka "Daniël" is Ron Hepperly, ' selfverklaarde Hill Billy Harley Davidson biker maar 'n gesoute soldaat/ rekkie vir Jesus. Sy stories getuig van getroue werk vir die Koninkryk ten spyte van 'n harde lewe! 


Dag 2:

In die suide van Spanje is hier duisende der duisende olyfbome: 


Raymond bestuur met groot entosiasme:



Die laaste ferrie na Marocco vertrek 18:00. Ons hoop en glo om teen 15:00 by die hawe te wees! Dit werk so uit en ons vaar 16:00 na Afrika:



Ceuta is 'n pragtige kusdorp:


Nou is ons egter almal moeg en gaan vroeg slaap vir môre se tog na Marrakesh van naastenby 8 ure. 

Ps: 139








Friday, 9 October 2015

Die dag het aangebreek!

Vandag se vers van die dag op You Version:

“ Die Engel van die Here trek ’n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.”
PSALMS 34:8

Die ander manne het 6am vertrek uit Westerstede en ons gesin op pad na Parys met die TGV. Dan groet en ek op 'n volgende TGV na Lyon waar hulle my so 18:00 se kant kry op pad na Spanje en dan Afrika! 


My en Raymond se vervoer vir die 10 000km.